Mpumalanga-motoriste ‘moet ekstra waaksaam wees’

Lees ook :

Foto: Ter illustrasie Canva

MPUMALANGA. – Die polisie in Mpumalanga het motoriste gemaan om meer waaksaam te wees vir persone wat hulle as wetstoepassers voordoen en krimineel optree.

Kapt. Magonseni Nkosi sê Mpumalanga-padgebruikers is wetsgehoorsaam, maar dit is waar kriminele insluip en motoriste met die gebruik van blou ligte stop en terroriseer. Nkosi sê nasionale paaie wat van ander provinsies en aangrensende lande by Mpumalanga aansluit, word gereeld deur misdadigers gebruik word om niksvermoedende slagoffers te teiken. Booswigte doen hulle veral saans as polisielede en verkeersbeamptes voor.

Nkosi sê motoriste word beroof en ontvoer. Ekstra versigtigheid moet aan die dag gelê word wanneer hoofpaaie soos die N2, N3, N4, N11 en N17, asook ander provinsiale, distriks- en munisipale paaie gebruik word. Hy maan motoriste ook om in die sentrale besigheidsdistrikte van Mbombela (Nelspruit), Emalahleni (Witbank), Middelburg, Secunda, Ermelo en Piet Retief oplettend te wees.

“Op die N3, N4 en R40 moet vragmotorbestuurders in plekke soos Grootvlei, Komatipoort en Marite versigtig wees.”

Lt.genl. Semakaleng Daphney Manamela, die provinsiale kommissaris, waarsku slagoffers om hul lewens bo dié van eiendom te plaas wanneer hulle hul in ‘n situasie met “vals” polisielede bevind.

“Kom instruksies van rowers na terwyl jy na die voorkoms soos die gesig, liggaamsbou, beweging, geboortemerke of littekens oplet. Indien ‘n motoris in so ‘n situasie verkeer, moet ‘n noodoproep vir hulp gemaak word, voordat die motor tot stilstand kom. Indien moontlik kan ‘n motoris aandui dat hy/sy bewus is dat gestop moet word terwyl daar na ‘n nabygeleë polisiestasie of vulstasie gery word.”

Manamela sê indien dit ‘n werklike wetstoepasser is, sal die motoris tot by ‘n polisiestasie of vulstasie gevolg word. Indien nie, moet daar dadelik stilgehou word en aan die verdagtes gehoor gegee word voordat motoriste beseer of selfs doodgemaak word.

“Indien ander padgebruikers so ‘n verdagte voorval sou opmerk, moet hulle die polisie dadelik in kennis stel.”

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief