MultiChoice en Valke voer klopjagte uit op onwettige verspreiding van toestelle

Lees ook :

MultiChoice en Valke voer klopjagte uit oor onwettige verspreiding van toestelle
MultiChoice en Valke voer klopjagte uit oor onwettige verspreiding van toestelle fotokrediet: Facebook

Lees ook: Regering wil ontslae raak van verskeie noodnommers

MultiChoice en die Valke het klopjagte in Gauteng uitgevoer op die onwettige verspreiding van toestelle met ongemagtigde toepassings om toegang tot DStv te kry.

Die eerste klopjag in Booysens, Johannesburg, het tot die inhegtenisneming van drie verdagtes en die konfiskering van verskeie toestelle gelei.

Die tweede klopjag in Kemptonpark het die inhegtenisneming van een verdagte wat deel is van ’n groter sindikaat tot gevolg gehad.

Volgens MultiChoice is die onwettige toestelle gevaarlik vir die publiek, want die mense wat vir die ongemagtigde dienste betaal, kan veroorsaak dat die kriminele sindikate hulle privaat inligting kry. Sodanige inligting kan deur sindikate gebruik word vir bedrog en identiteitdiefstal.

Bronne: IOL, My Broadband, TechCentral

Lees ook: Regering wil ontslae raak van verskeie noodnommers

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief