MultiChoice en Valke voer klopjagte uit op onwettige verspreiding van toestelle

Lees ook :

MultiChoice en Valke voer klopjagte uit oor onwettige verspreiding van toestelle
MultiChoice en Valke voer klopjagte uit oor onwettige verspreiding van toestelle fotokrediet: Facebook

Lees ook: Regering wil ontslae raak van verskeie noodnommers

MultiChoice en die Valke het klopjagte in Gauteng uitgevoer op die onwettige verspreiding van toestelle met ongemagtigde toepassings om toegang tot DStv te kry.

Die eerste klopjag in Booysens, Johannesburg, het tot die inhegtenisneming van drie verdagtes en die konfiskering van verskeie toestelle gelei.

Die tweede klopjag in Kempton Park het die inhegtenisneming van een verdagte wat deel is van ’n groter sindikaat tot gevolg gehad.

Volgens MultiChoice is die onwettige toestelle gevaarlik vir die publiek, want die mense wat vir die ongemagtigde dienste betaal, kan veroorsaak dat die kriminele sindikate hulle privaat inligting kry. Sodanige inligting kan deur sindikate gebruik word vir bedrog en identiteitdiefstal.

Bronne: IOL, My Broadband, TechCentral

Lees ook: Regering wil ontslae raak van verskeie noodnommers

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief