Munisipale werker beseer toe straatlig meegee

Lees ook :

Foto: Mi7 National Group

KWAZULU-NATAL. – ‘n Munispale werker van Msunduzi-munisipaliteit se elektrisiteitsdepartement is Maandagoggend beseer, nadat ‘n straatlig waaraan hy gewerk het, meegegee het.

Mi7 National Group sê die diens is net na middernag na die toneel in Northdale ontbied. Die werker was glo met ‘n harnas aan die paal vas en toe dit meegee, het hy saam geval en is beseer.

Die diens se paramedici en reaksiebeamptes het saam met die polisie gewerk om die werker, wat erge beserings opgedoen het, te stabiliseer. Gevorderde lewensondersteunende intervensie is toegepas voordat die werker vir verdere mediese behandeling na ‘n hospitaal vervoer is.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief