KWAZULU-NATAL. – ‘n Munispale werker van Msunduzi-munisipaliteit se elektrisiteitsdepartement is Maandagoggend beseer, nadat ‘n straatlig waaraan hy gewerk het, meegegee het.
Mi7 National Group sê die diens is net na middernag na die toneel in Northdale ontbied. Die werker was glo met ‘n harnas aan die paal vas en toe dit meegee, het hy saam geval en is beseer.
Die diens se paramedici en reaksiebeamptes het saam met die polisie gewerk om die werker, wat erge beserings opgedoen het, te stabiliseer. Gevorderde lewensondersteunende intervensie is toegepas voordat die werker vir verdere mediese behandeling na ‘n hospitaal vervoer is.