GAUTENG. – ‘n Bejaarde man en ‘n middeljarige man het Saterdagmiddag gesterf toe twee voertuie gebots en teen ‘n wal, op die N1-noord-rybaan naby die ou Johannesburg-afrit, af is.
Kyle van Reenen van Emer-G-Med sê paramedici is na die toneel van ‘n ernstige motorongeluk.
Met aankoms op die toneel is gevind die twee voertuie het gebots en is toe teen ‘n wal af. Verskeie persone is beseer.
Meer nooddienspersoneel is na die toneel ontbied en ‘n triage-area is opgestel. ‘n Bejaarde vrou, ongeveer 70, is kritiek beseer en is deur Netcare 911 se lugambulans na ‘n spesialisfasiliteit gevlieg.
Twee ander beseerdes is vir matige beserings op die toneel behandel en vir verdere mediese hulp na nabygeleë hospitale vervoer.
Bron: Emer-G-Med