‘n Bejaarde en ‘n middeljarige man sterf in ongeluk

Lees ook :

Foto: Emer-G-Med

GAUTENG. – ‘n Bejaarde man en ‘n middeljarige man het Saterdagmiddag gesterf toe twee voertuie gebots en teen ‘n wal, op die N1-noord-rybaan naby die ou Johannesburg-afrit, af is.

Kyle van Reenen van Emer-G-Med sê paramedici is na die toneel van ‘n ernstige motorongeluk.

Met aankoms op die toneel is gevind die twee voertuie het gebots en is toe teen ‘n wal af. Verskeie persone is beseer.

Meer nooddienspersoneel is na die toneel ontbied en ‘n triage-area is opgestel. ‘n Bejaarde vrou, ongeveer 70, is kritiek beseer en is deur Netcare 911 se lugambulans na ‘n spesialisfasiliteit gevlieg.

Twee ander beseerdes is vir matige beserings op die toneel behandel en vir verdere mediese hulp na nabygeleë hospitale vervoer.

Bron: Emer-G-Med

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief