GAUTENG. – Die naasbestaandes van ‘n pasiënt word deur die Verre Oos Rand-hospitaal (Far East Rand Hospital) gesoek.
Die man is op 11 September by die hospitaal opgeneem en het homself as Christiaan van de Berg voorgestel, maar die kontakbesonderhede en adres wat verskaf is, is verkeerd.
Indien enigiemand die man of sy naasbestaandes ken, kan die maatskaplike werker, me. A Buthelezi, by 011 812 8421 gebel word.





