Brekende Nuus
Afrikaans

Namakwaland deur aardbewing geskud – waar het jy dit gevoel?

Foto: Skermskoot Volcano Discovery
Foto: Skermskoot Volcano Discovery

NOORD-KAAP. – Namakwaland, veral in die Springbok-omgewing, is Dinsdagaand om 23:08 plaaslike tyd, deur ‘n aardbewing wat 4.2 op die Richterskaal gemeet het, geskud.

Volgens Volcano Discovery het die aardbewing op ‘n diepte van 10 km onder die episentrum plaasgevind. Springbok is sowat 72 km van die gerapporteerde episentrum geleë.

Die Europese-Mediterreense Seismologiese Sentrum (EMSC), een van die belangrikste internasionale agentskappe wat seismiese aktiwiteit wêreldwyd monitor, het die aardskuddig aangemeld.

Bron: Volcano Discovery