Namibië slaggereed om 4-dag werksweek te beproef

Lees ook :

Namibië gereed om vier-dag-werksweek te probeer. Foto ter illustrasie: Canva

NAMIBIË. – Namibië sal vanaf April 2024 die tweede Afrika-land naas Suid-Afrika word om die 4-dag werksweek op die proef te stel. Dit vorm deel van ’n inisiatief waarmee lande poog om werknemers se produktiwiteit te verhoog en hulle aan te moedig om ’n beter balans tussen hulle persoonlike en werkslewe te handhaaf.

Volgens Kosmos 94.1 sal die program ses maande duur. ’n Aantal diverse nywerhede en besighede sal deelneem. “Die inisiatief sal gelei word deur die organisasie 4 Day Week in vennootskap met Pulse HR Network Namibië.

Suid-Afrika het dieselfde inisiatief op ’n proefbasis van ses maande vanaf 1 Maart 2023 in werking gestel. ’n Totaal van 28 Suid-Afrikaanse besighede het deelgeneem.

Die resultate het gewys 49% van die werknemers het aangedui dat hulle meer produktief tydens die toetsperiode was. Volgens Business Tech het bedankings met 11% gedaal.

In Namibië sal daar steeds van werknemers verwag word om 100% produktief te wees. Werkgewers sal egter kan besluit watter vier dae van die week hulle as werksdae kies.  

Bronne: Kosmos 94.1, Business Tech

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief