Lees ook: Ruimtevaarders kan tot 2025 in ruimte bly weens Boeing Starliner se probleme
Volgens NASA is daar nog nie konsensus bereik oor hoe om die ruimtevaarders wat op die Boeing Starliner was terug te kry op die aarde nie.
NASA-owerhede het gesê hulle het nog ‘n week of twee nodig om te besluit of hulle die ruimtevaarders nou gaan probeer terugbring en of hulle tot volgende jaar moet bly.
Die ruimtevaarders was veronderstel om slegs agt dae in die ruimte te wees, maar probleme met die Boeing Starliner het veroorsaak dat hulle langer daar moet bly.
NASA kan besluit om die ruimtevaarders te laat terugkom in die Starliner, dan sal hulle in September terug wees op die aarde, maar dit is gevaarlik omdat die Starliner so beskadig is.
Die ander moontlikheid is om die ruimtevaarders te laat bly en volgende Februarie in die Space X-vaartuig te laat terugkom Aarde toe.
Volgens The Sun hou dié opsie ‘n gevaar in vir Butch Wilmore (61) en Suni Williams (58) se gesondheid, omdat hulle die bene van ‘n 80-jarige kan hê wanneer hulle land. ‘n Kenner het aan The Sun gesê hulle kan selfs met oefening teen Februarie beenverlies van 10 tot 20 jaar hê, wat tot ‘n gebreekte heup of rug kan lei.
Bronne: Wired, The Sun, CBS News
Lees ook: Ruimtevaarders kan tot 2025 in ruimte bly weens Boeing Starliner se probleme





