President Cyril Ramaphosa sal vanaand om 21:00 die nuutverkose nasionale uitvoerende gesag aankondig.
Die presidensie sê die bekenstelling sal tydens ‘n televisie-uitsending gemaak word.
Nie net is dit die uitvoerende gesag van die 7de demokratiese administrasie wat aangekondig word nie, maar boonop as dié van ‘n Regering van Nasionale Eenheid (RNE).
Die televisie-uitsending sal lewendig deur die SABC en die presidensie gestroom word.





