Naskok van 5.2 tref Afghanistan ná aardbewing meer as 1 400 lewens eis

Lees ook :

5.2 naskok tref Afghanistan ná aardbewing waarin meer as 1 400 mense dood is fotokrediet: X

AFGHANISTAN. – ’n Naskok van 5.2 op die Richterskaal het Afghanistan gister getref nadat ’n aardbewing van 6.0 meer as 1 400 mense gedood het en 3 000 beseer gelaat het.

Lees ook: Dodetal styg ná aardbewing in Afghanistan

Reddingswerkers is steeds besig om na oorlewendes te soek wat moontlik onder rommel vasgekeer is. Die reddingswerk word met helikopters uitgevoer, omdat die aardbewing grondstortings veroorsaak het wat paaie onbegaanbaar gemaak het.

Die Taliban-regering het vir internasionale hulp vir die reddingspogings gevra. Die VN het noodbefondsing aan die land gegee en die VK het gesê dit sal $1.3 miljoen vir noodhulp skenk.

Indië het 1000 tente aan Kaboel geskenk en gehelp om kosvoorraad van Kaboel na Kunar te vervoer. China en Switserland het ook belowe om ondersteuning te bied.

Bronne: BBC, Daily Mail, Los Angeles Times

Lees ook: Dodetal styg ná aardbewing in Afghanistan

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief