Naskom besoek Brakpan vandag nadat Madlanga-kommissiegetuie vermoor is

Lees ook :

Foto: QRF Task Team en Timothy Bernard / Independent Newspaper soos geplaas op Suburban Control Centre

Luister hier onder hoe die vermoorde Vlam, enkele ure voordat hy doodgeskiet is, met Yusuf Abramjee, die teen-misdaad-aktivis, praat.

GAUTENG. – Genl. Fannie Masemola, die nasionale polisiekommissaris, sal na verwagting vanmiddag Brakpan besoek nadat Getuie D, wat voor die Madlanga-kommissie van ondersoek getuig het, in ‘n sluipmoordaanval vermoor is. Marius “Vlam” van der Merwe (41) is Vrydagaand voor sy vrou en kinders by sy huis se hek doodgeskiet.

Brig Athlenda Mathe, nasionale polisiewoordvoerder, sê Masemola het regter Mbuyiseli Madlanga ook Saterdag vlugtig ontmoet om hom oor die ondersoek na die moord in te lig. Volgens Mathe het Getuie D kort ná 20:30 by sy huis aangekom toe hy geskiet is terwyl hy die hek wou oopmaak. Hy is op die toneel dood verklaar. Sy vrou, wat saam met hom in die voertuig was, is nie beseer nie. Sy vuurwapen, selfoon en beursie is by hom gevind.

Mathe sê beamptes van verskeie eenhede, insluitend ballistiek, misdaadtoneel en intelligensie, het die toneel tot in die vroeë oggendure gefynkam. “Ingesamelde bewyse bevestig dat ‘n AK47 in die misdaad gebruik is,” sê sy. ’n Saak van moord is geopen en die polisie het ’n soektog geloods om die persoon wat opdrag vir die sluipmoordaanval gegee het, sowel as die skuts en die vuurwapen, op te spoor. Masemola het ook opdrag gegee dat die nasionale gesamentlike operasionele intelligensietruktuur (Natjoints) die naweek vergader om veiligheidsmaatreëls vir amptenare en getuies van die Madlanga-kommissie te verbeter.

Van der Merwe het in November 2025 voor die Madlanga-kommissie getuig en persone beskuldig, insluitend Julius Mkhwanazi – die geskorsde adjunkhoof van die Ekurhuleni-metropolisiedepartement (EMPD) – en getuig dat ’n vermeende rower in April 2022 deur polisie- en veiligheidspersoneel in hegtenis geneem is en glo met ‘n plastieksak oor sy kop gemartel is. Die vermeende rower is later dood en Van der Merwe, die eienaar van QRF Task Team, het gesê hy is beveel om die liggaam in ’n dam te stort om ’n moord te verdoesel.

President Cyril Ramaphosa het die moord Saterdag veroordeel. Volgens die presidensie het Ramaphosa sy meegevoel aan die familie oorgedra en gesê: “Hierdie aanval op iemand wat die saak van geregtigheid gedien het, is verontrustend.” Hy het beklemtoon dat die regering sy pogings sal versterk om fluitjieblasers en getuies te beskerm, en wetstoepassers opdrag gegee om die voorval deeglik te ondersoek en die skuldiges voor die gereg te bring. Druk hier om meer te lees.

Intussen het Leanne van der Merwe ‘n video van haar oorlede man en oomblikke saam met hulle kinders op TikTok gedeel en gesê: “How do I say goodbye? How do I carry on never seeing you again? I love you forever babe, always!! #QRFtaskteam #vlam #marius

@_lea_gray_ollie

How do I say goodbye? How do I carry on never seeing you again? 😭😭😭😭😭😭 I love you forever babe, always!! #QRFtaskteam #vlam #marius @Vlam@QRF TT

♬ som original – maya🤍

Bronne: SAPD, Presidensie, IOL, Daily Maverick, capetimes.co.za, insidepolitic.co.za, enca.com

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Subscribe
Notify of
guest
0 Comments
Oldest
Newest Most Voted
Inline Feedbacks
View all comments

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief