Brekende Nuus
Nuus

NDBV gaan kriminele klag teen SAPD lê ná polisiehond Sky se dood

Foto's: Ian Cameron

GAUTENG. – Die nasionale raad van dierebeskermingsverenigings (NDBV) gaan ’n dossier teen polisiebeamptes open vir beweerde oortredings van die dierebeskermingswet 71 van 1962. Die dossier kom ná die dood van Sky, ’n 5-jarige polisiehond.

Senior inspekteur De Klerk, bestuurder van die NDBV se spesiale projekte-eenheid, sê Sky is op 7 September ernstig beseer in haar hok by die SAPD se veterinêre hospitaal in Roodeplaat gevind. Sy is na Onderstepoort-veterinêre akademiese hospitaal geneem, maar haar toestand het versleg en sy is op 9 September van kant gemaak. 

Volgens die NDBV se ondersoek het Sky reeds sedert in Maart ernstige probleme met hokstres, skeidingsangs en pogings om uit haar hok te ontsnap, gehad. Haar rekords het volgens die organisasie in Augustus aangedui dat sy ’n swak prognose in die SAPD-omgewing gehad het.

Die NDBV sê ’n nadoodse ondersoek het onder meer uitgebreide spierskade aan haar voorpote en tekens van chroniese stres gevind. Volgens die organisasie dui die bevindings op volgehoue nood en nie net ’n enkele voorval nie. Die NDBV sê die dierebeskermingswet plaas ’n wetlike versorgingsplig op mense wat vir diere verantwoordelik is en dat die saak deur die strafregstelsel gevolg sal word.

Druk hier om meer te lees.