Die Nasionale Raad van die Dierebeskermingsvereniging (NSPCA) het ’n memorandum van die Amaphisi Hunters’ Association (AHA) verwerp, waarin gevra word dat hondejag en windhondresies gewettig word.
Die NDBV beklemtoon in ‘n verklaring dat bewyse oor meer as 30 jaar van mishandeling en wreedheid in hierdie praktyke bestaan. Alhoewel die AHA beweer dat dit ekonomiese voordele, werkskepping en kultuurbevordering sal bring, waarsku die NSPCA dat slegs ’n klein groepie daarby sal baat en diere die prys betaal.
Grace de Lange, hoofbedryfsbeampte van die NSPCA, sê: “Ons kan nie die dekmantel van tradisie en werkskepping gebruik om die wrede uitbuiting van diere te regverdig nie.”
Die organisasie het ’n dringende skrywe aan die presidensie en die departement van landbou voorgelê en doen ’n beroep op Suid-Afrikaners om hierdie pogings te verwerp en diere te beskerm.
Druk hier om die volledige verklaring te lees.