Gratis toegang tot Kaapse natuurreservate op Erfenisdag

Lees ook :

Foto's: Stad Kaapstad

KAAPSTAD. – Die Stad Kaapstad nooi inwoners uit om op Erfenisdag 24 September enige van die stedelike natuurreservate gratis te besoek. Die 16 reservate en ander beskermde gebiede bied die geleentheid om die lenteblomme te bewonder, staproetes te geniet of ’n gesinsbraai en piekniek te hou.

Die aanbod geld vir reservate wat normaalweg toegangsgeld hef, insluitend Tafelbaai, Blaauwberg, Tygerberg en Helderberg. Gewone tariewe vir toegelate ontspanningsaktiwiteite by die reservate sal steeds van toepassing wees.

Volgens die Stad se adjunkburgemeester en Mayco-lid vir ruimtelike beplanning en omgewing, Eddie Andrews: “Ons is bevoorreg om omring te wees deur die ongerepte natuurlike skoonheid van die stad. Ons moedig inwoners aan om hul plaaslike reservaat te besoek, of om ’n reservaat aan die ander kant van die stad te verken vir ’n staptog, braai of gesinspiekniek.”

’n Paar voorbeelde van reservate sluit in Blaauwberg, Valsbaai, Durbanville, Tygerberg en Helderberg. Vir meer besonderhede oor die fasiliteite en ligging van al die reservate wat besoek kan word, druk hier.

Lees die volledige verklaring vir meer inligting hier.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief