Brekende Nuus
Afrikaans

Nege ANC-lede sterf in busongeluk

Die ANC het hulle hartseer oor die ongeluk uitgespreek.

Nege ANC-lede sterf in busongeluk

fotokrediet: Verskaf
Nege ANC-lede sterf in busongeluk fotokrediet: Verskaf

Lees ook: Wapenhanteerder op filmstel was ‘agtelosig’ – staatsaanklaers

KWAZULU-NATAL. – Nege ANC-lede is oorlede in ’n busongeluk op pad terug van die party se loodsing van hulle manifes.

Die bus het buite Paulpietersburg omgeslaan. Agt mense is op die toneel dood verklaar en een is in die hospitaal oorlede. Almal wat beseer is, is na verskeie hospitale geneem.

Die ANC het hulle hartseer oor die ongeluk uitgespreek.

’n Ondersoek na die oorsaak van die ongeluk is reeds aan die gang en mediese personeel is steeds op die toneel. Vier passasiers het kritieke beserings, 22 het ernstige beserings en 28 passasiers het ligte beserings opgedoen.

Bronne: IOL, NATJOINTS, The Citizen

Lees ook: Wapenhanteerder op filmstel was ‘agtelosig’ – staatsaanklaers