Brekende Nuus
Afrikaans

Vyf mense oorlede na skip brug tref in China

Die bus, scooter en een van die trokke het in die leë skip geval en die ander twee trokke het in die water geval.

Vyf mense oorlede na skip brug tref in China

fotokrediet: DW - South Africa
Vyf mense oorlede na skip brug tref in China fotokrediet: DW - South Africa

Lees ook: Donderstorms, brandgevaar en hittegolf voorspel vir verskeie provinsies

GUANGZHOU, CHINA. – Minstens vyf mense is oorlede na ‘n vragskip gister ‘n brug in Guangzhou getref het.

Drie klein trokke, ‘n bus en ‘n bromponie het van die brug geval toe die vragskip die brug tref en veroorsaak het dat ‘n deel daarvan ingee. Die bus, bromponie en een van die trokke het in die leë skip geval en die ander twee trokke het in die water beland.

Die drywers van die bus en die bromponie en drie mense in die trokke wat in die water geval het, het omgekom. Twee ander mense is met beserings in die hospitaal opgeneem. ‘n Bemanningslid van die skip is ook beseer.

Die eienaar van die skip is in hegtenis geneem. Owerhede ondersoek die voorval.

Bronne: DW – South Africa, The Globe and Mail, New York Times

Lees ook: Donderstorms, brandgevaar en hittegolf voorspel vir verskeie provinsies