“Nes ons gedink het ons het nou alles gesien”

Lees ook :

BLOEMFONTEIN – Die Dierebeskermingsvereniging in Bloemfontein het Vrydag ’n hondjie gered. Die hondjie was in ’n toilethokkie agter op iemand se perseel toegemaak.

Die DBV het op hulle Facebook-blad gesê ’n bekommerde verkeersbeampte het hulle gebel om die geval aan te meld. Die DBV het dadelik die nodige stappe geneem om self te kan gaan kyk.

“Toe ons op die perseel kom, was die hondjie se snoet al wat sigbaar was in die gleufie onder die hokkie se deur. Ek weet nie of hy warm gekry het en net wou asem skep en of hy probeer ontsnap het nie. Nes ons gedink het ons het nou alles gesien.”

Die DBV sê die hond is van die eienaar weggevat en is nou in die DBV se sorg. Die eienaar word aangekla van dieremishandeling en sal binnekort in die hof verskyn.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Subscribe
Notify of
guest
0 Comments
Oldest
Newest Most Voted
Inline Feedbacks
View all comments

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief