ISRAEL. – Israel se eerste minister, Benjamin Netanyahu, het president Donald Trump bedank vir die bomaanvalle op Iran se kernaanlegte.
Lees ook: Amerika loods bomaanval op drie kernaanlegte in Iran
Hy het tydens ’n uitsending gesê: “Ek wil pres. Trump bedank, ’n goeie vriend van die staat van Israel. Ek bedank hom dat hy aan ons kant is en ek bedank hom vir die ondersteuning van die VSA om Israel se lugruim te beskerm.”
Netanyahu het gesê die VSA se bomaanval gaan die geskiedenis verander en dat dit in die geskiedenis “opgeneem sal word dat Trump die wêreld se gevaarlikste regime ontneem het van die wêreld se gevaarlikste wapens”.
Bronne: Just The News, The Straits Times, Daily Post
Lees ook: Amerika loods bomaanval op drie kernaanlegte in Iran

