Lees ook: Hezbollah-vuurpyl tref parkeerarea by Israel se hooflughawe
ISRAEL. – Die Israeliese eerste minister, Benjamin Netanyahu, het erken hy het die roepradio-aanval in Libanon goedgekeur wat deur Israel beplan is.
Op 17 September en 18 September het duisende roepradio’s wat aan Hezbollah-lede behoort, in Libanon en Sirië ontplof. 37 mense is dood en sowat 3 000 beseer in die ontploffings.
Netanyahu het gesê die aanvalle is uitgevoer ten spyte van opposisie van senior lede in die verdedigingseenheid en politici.
Libanon het ‘n klagte aangaande die aanvalle teen Israel by die VN se arbeidsorganisasie ingedien, aangesien werkers glo ook in die ontploffings dood is.
Bronne: Euronews, New York Post, CNN
Lees ook: Nog 20 mense dood na nog roepradio’s in Libanon ontplof





