Netanyahu waarsku Israel het ‘die reg’ om Gaza weer aan te val

Lees ook :

Netanyahu waarsku Israel het ‘die reg’ om Gaza weer aan te val fotokrediet: Facebook

Lees ook: Israel en Hamas stem in tot skietstilstand

ISRAEL. – Benjamin Netanyahu het gewaarsku Israel sal voortgaan met die oorlog teen Hamas as die samesprekings vir die tweede fase van die skietstilstand faal. Hy het ook gesê die skietstilstand is “tydelik” en dat Israel “die reg het” om Gaza weer aan te val – hulle het die ondersteuning van Donald Trump om dit te doen.

Netanyahu het ook gepraat oor die sukses van Israel se militêre operasies in die laaste 15 maande in Gaza.

Die skietstilstand sal vandag begin, maar Netanyahu het gesê Israel gaan nie die ooreenkoms implementeer voordat hulle ‘n lys gekry het van die gyselaars wat vrygelaat gaan word nie. Israeliese owerhede het gesê hulle het nie die name van die drie gyselaars wat vandag vrygelaat gaan word nie.

Altesaam 33 gyselaars sal oor die volgende paar weke vir 1 890 Palestynse gevangenes geruil word. Israel moet ook begin onttrek uit Gaza.

Samesprekings vir die tweede en derde fase van die skietstilstand sal op die 16de dag plaasvind met die fokus daarop “om die oorlog permanent te beëindig”.

Bronne: BBC, The Independent, Sky News

Lees ook: Israel en Hamas stem in tot skietstilstand

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief