Lees ook: Israel en Hamas stem in tot skietstilstand
ISRAEL. – Benjamin Netanyahu het gewaarsku Israel sal voortgaan met die oorlog teen Hamas as die samesprekings vir die tweede fase van die skietstilstand faal. Hy het ook gesê die skietstilstand is “tydelik” en dat Israel “die reg het” om Gaza weer aan te val – hulle het die ondersteuning van Donald Trump om dit te doen.
Netanyahu het ook gepraat oor die sukses van Israel se militêre operasies in die laaste 15 maande in Gaza.
Die skietstilstand sal vandag begin, maar Netanyahu het gesê Israel gaan nie die ooreenkoms implementeer voordat hulle ‘n lys gekry het van die gyselaars wat vrygelaat gaan word nie. Israeliese owerhede het gesê hulle het nie die name van die drie gyselaars wat vandag vrygelaat gaan word nie.
Altesaam 33 gyselaars sal oor die volgende paar weke vir 1 890 Palestynse gevangenes geruil word. Israel moet ook begin onttrek uit Gaza.
Samesprekings vir die tweede en derde fase van die skietstilstand sal op die 16de dag plaasvind met die fokus daarop “om die oorlog permanent te beëindig”.
Bronne: BBC, The Independent, Sky News