Israel en Hamas stem in tot skietstilstand

Lees ook :

Israel en Hamas stem in tot skietstilstand fotokrediet: X

Lees ook: Israel en Hamas besig met samesprekings oor skietstilstand

GAZA. – Volgens onderhandelaars van Katar en die VSA het Israel en Hamas ingestem tot die eerste fase  van ’n skietstilstandooreenkoms en die vrylating van gyselaars.

Volgens die Katarse eerste minister sal die ooreenkoms Sondag ingestel word. Israel se eerste minister, Benjamin Netanyahu, het gesê die ooreenkoms se finale punte word steeds bespreek.

In die eerste fase sal 33 gyselaars wat op 7 Oktober 2023 uit Israel ontvoer is, vrygelaat word in ruil vir Palestynse gevangenes in Israeliese tronke.

Israel se weermag sal ook onttrek van digbevolkte areas sodat Palestynse burgers na hulle wonings kan terugkeer en humanitêre hulp sal in die gebied toegelaat word. Die tweede en derde fases sal op die 16de dag van die skietstilstand bespreek word.

Families van beide Palestynse en Israeliese gyselaars het die nuus gevier, maar daar was steeds Israeliese lugaanvalle, met sowat 20 sterftes, na die aankondiging gemaak is.

Bronne: BBC, First Post, IOL

Lees ook: Israel en Hamas besig met samesprekings oor skietstilstand

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief