Lees ook: Jong man wat soos Nick Frischke lyk laat hoop opvlam
WES-KAAP. – Die Duitse toeris, Nick Frischke, is steeds vermis ’n jaar nadat hy in Houtbaai gaan stap het.
Frischke, wat intussen 23 jaar oud geword het, het op 15 Februarie 2023 in Houtbaai gaan stap en is nie weer gesien nie.
Vyf mans is in hegtenis geneem vir sy verdwyning na hulle in besit van sy persoonlike besittings gevind is. Vier van hulle is vir sy verdwyning aangekla en sal volgende Donderdag, 22 Februarie, weer in die hof verskyn. Die aanklagte teen die vyfde verdagte is laat vaar.
Daar was voorheen gerugte dat ’n Duitse man wat vir hulp vra in Houtbaai gesien is, maar die polisie het gesê dit is waarskynlik onverwant aan die Frischke-saak. Sy familie is steeds hoopvol dat hy gevind sal word.
Bronne: SA People, Cape Town ETC, TimesLIVE
Lees ook: Jong man wat soos Nick Frischke lyk laat hoop opvlam





