Nigeriese man en SA-vrou in hegtenis vir beweerde dwelmhandel

Lees ook :

Nigeriese man en Suid-Afrikaanse vrou in hegtenis vir beweerde dwelmhandel
Nigeriese man en Suid-Afrikaanse vrou in hegtenis vir beweerde dwelmhandel fotokrediet: Canva

Lees ook: Uitbraak van Duitse masels in SA

LICHTENBURG. – ’n Nigeriese man (48) en ’n Suid-Afrikaanse vrou (33) is Woensdag in hegtenis geneem vir die beweerde besit van en handel in dwelms.

Die verdagtes is in hegtenis geneem na die polisie in Lichtenburg inligting ontvang het oor ’n Nigeriese man wat glo dwelms verkoop. Na ’n ondersoek is die verdagtes in hegtenis geneem na hulle dwelms tot die waarde van R40 000 verkoop het. 649 Mandrax-tablette, 40 pakke metamfetamien (crystal meth) en pakke met cat is gekonfiskeer.

Na ’n soektog by die man se huis het die polisie metamfetamien ter waarde van R15 000 en cat tot die waarde van R6 000 gekonfiskeer. Nog ’n Suid-Afrikaanse vrou (28) wat glo die man se meisie is, het die polisie probeer omkoop om hom vry te laat. Sy is ook vir korrupsie in hegtenis geneem.

Die drie verdagtes verskyn vandag in die Lichtenburg-landdroshof.

Bronne: SAPD

Lees ook: Uitbraak van Duitse masels in SA

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief