Nóg 15 vir Universiteit van Fort Hare-moordsake in hegtenis

Lees ook :

Foto: University of Fort Hare Facebook-blad

OOS-KAAP. – Nadat nog 15 verdagtes vir die Universiteit van Fort Hare se moord- en poging tot moordsake in hegtenis geneem is, staan die aantal persone wat nou vasgetrek is op 25.

Brig. Athlenda Mathe sê die verdagtes is gedurende die Paasnaweek deur die verantwoordelike taakspan vir die ondersoeke in Gauteng, die Oos- en Wes-Kaap, sowel as in KwaZulu-Natal, vasgetrek.

Die verdagtes word deur aanklagte van onder meer bedrog, korrupsie, ontvoering, moord en poging tot moord in die gesig gestaar. Hulle sal na verwagting Dinsdag in die Dimbaza-landdroshof verskyn.

“The team has been hard at work in getting to the bottom of who is behind fraud, corruption and the murders at the university. They will continue to investigate and hunt those who are found to have had a hand in any wrongdoing. Our focus is to bring before court, a case that will be able to stand in court with all the evidence that has been collected by the team “, sê genl. Fannie Masemola, die nasionale polisiekommissaris.

Mathe sê na verwagting sal genls. Bheki Cele en Fannie Masemola die hofverrigtinge bywoon.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief