VK. – Nog 2 mans is in hegtenis geneem vir die moord op die pedofiel Ian Watkins.
Lees ook: 2 in hof nadat pedofiel Ian Watkins in tronk doodgemaak is
Watkins, die voormalige hoofsanger van Lostprophets, is op 11 Oktober in die bolyf met ‘n skerp voorwerp doodgesteek.
Hy was besig om tronkstraf van 35 jaar uit te dien vir 13 seksuele misdrywe teen en aanranding van kinders, insluitend sameswering om ‘n 11 maande oue baba te verkrag.
Twee mans, Rico Gedel en Samuel Dodsworth, het reeds verlede week vir die moord op Watkins in die hof verskyn. Nog twee mans is in hegtenis geneem vir sameswering om moord te pleeg. Hulle sal ondervra word, borg ontvang en teruggeneem word tronk toe.
Die moordsaak sal na verwagting volgende jaar op 5 Mei begin.
Bronne: Metro, The Sun, Daily Mail
Lees ook: 2 in hof nadat pedofiel Ian Watkins in tronk doodgemaak is





