GAUTENG. – Twee verdagtes is Woensdag kort ná 18:00 noodlottig tydens ’n skietgeveg met die polisie naby ’n sakeperseel in Stormhill, Florida, gewond.
Luidens ‘n verklaring deur kapt. Tintswalo Sibeko het Florida-polisiebeamptes wat op patrollie was twee mans opgemerk wat verdag opgetree het. Toe die polisie die verdagtes wou stop, het hulle ’n skoot geskiet wat tot ’n skietgeveg gelei het. Die verdagtes is noodlottig gewond, waarna ‘n vuurwapen op die toneel gevind is.
Volgens polisiewoordvoerder, kapt Tintswalo Sibeko, dui voorlopige ondersoeke aan dat die verdagtes by ’n plaaslike sakeroof betrokke was. Die polisie ondersoek die sakeroof, twee aanklagte van poging tot moord en twee aanklagte van moord.





