GASA. – Die Hamas-bestuurde gesondheidsministerie in Gasa het gesê nog sewe mense is in die afgelope 24 uur van honger dood.
Lees ook: Dodetal in Gasa staan op 60 000
Volgens die gesondheidsministerie is daar nou 154 bevestigde gevalle, van wie 89 kinders, aan honger dood sedert die Israel-Hamas oorlog in 2023 uitgebreek het.
Volgens Israel keer dit nie hulpspanne om Gasa in te gaan nie, maar Israel se vennote in Europa, die VN en ander agentskappe het nie Israel se verklaring aanvaar nie.
Daar was gister ook weer ’n aanval op Palestynse burgers wat op humanitêre hulp naby noodhulpsentrums gewag het. Minstens 30 mense is naby die Zikim-kruising doodgeskiet en sowat ses Palestynse burgers is naby ’n sentrum van die Gaza Humanitarian Foundation in Rafah doodgeskiet.
Israel het gesê waarskuwingskote is gevuur op ’n “groep verdagtes” wat ’n “bedreiging” vir die weermag ingehou het, maar het ontken enigiemand is dood.
Bronne: BBC, CBC, The Independent
Lees ook: Dodetal in Gasa staan op 60 000





