Episode agt van Op my eish! het ’n reeks dramatiese oomblikke gehad. Een daarvan is Thelmané wat huis toe is.
Thelmané, Janae en Katja word in die episode saam na ’n optrede in Pretoria genooi. Brendan spandeer alleentyd saam met elkeen in sy bakkie. Hy verklap sy planne van moontlike afskaling van optredes aan Thelmané.
Katja is onseker of Brendan werklik van haar hou. Sy wil weet waar hulle met mekaar staan. ’n Lighartige Brandan antwoord: “Ons staan nie nou nie, ons sit in my bakkie.”
Volgens Janae gaan sy en Brendan se ma goed oor die weg kom omdat albei klere maak. Brendan verklap dat daar iets rondom Janae is wat vir hom uitstaan.
Rachelle, Jonelle en Christine kry die kans om saam met Brendan op ’n plaas te gaan skiet.
Aan die einde van die episode erken Brendan teenoor Thelmané dat sy vir hom soos ’n vriendin is. Sy is van mening Brendan is nie vir die regte rede op die program nie en sy noem hom ’n “player”. “Hy moet dan eerder ’n maklike meisie vat. Ek is nie daai meisie nie,” is van haar laaste woorde voordat sy gegroet is.
Bronne: kykNET, Terloops, Facebook





