Nog ‘n petisie begin teen Mej. Heelal Nigerië, Chidimma Adetshina

Lees ook :

Nog ‘n petisie begin teen mej heelal Nigerië, Chidimma Adetshina
Nog ‘n petisie begin teen mej heelal Nigerië, Chidimma Adetshina fotokrediet: Skermgreep

Lees ook: Nog ’n verdagte in hegtenis geneem vir Lusikisiki-massaskietery

Nog ‘n petisie is begin om te probeer verhoed dat Mej. Heelal Nigerië, Chidimma Adetshina, aan die globale skoonheidskompetisie, Mej Heelal, deelneem.

Progressive Forces of South Africa het die petisie begin om te keer dat Chidimma aan die kompetisie deelneem ná die departement van binnelandse sake aangekondig het dit gaan haar en haar familie se identiteitsdokumente en reisdokumente terugtrek. Progressive Forces of South Africa het gesê hulle wil nie hê Chidimma moet kan deelneem nie, want die Mej. Heelal-kompetisie sal sy goeie beeld verloor as iemand wie se ma skuldig bevind is aan die diefstal van ‘n onskuldige mens se identiteit aan die kompetisie deelneem.

Binnelandse sake het Dinsdag aangekondig dit gaan Chidimma en haar familie se dokumente terugtrek nadat hulle nie teen die sperdatum gereageer het oor hoekom hulle hul Suid-Afrikaanse dokumente moet kan behou nie.

Bronne: IOL, Briefly, Africa News

Lees ook: Chidimma Adetshina onttrek van Mej SA-kompetisie

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief