Lees ook: Twee Lusikisiki-verdagtes wil aansoek doen om borg
Nog ’n verdagte is in hegtenis geneem vir die Lusikisiki-massaskietery waarin 18 mense verlede maand omgekom het.
Die verdagte wat in hegtenis geneem is, was reeds in die tronk vir ’n moord en roof. Mzukisi Ndamase (46) het glo die Lusikisiki-moorde uit die tronk beplan. Sewe verdagtes is nou vir die moorde in hegtenis geneem. Al die verdagtes sal op 26 November in die hof verskyn.
Bronne: ECR, eNCA, IOL
Lees ook: Twee Lusikisiki-verdagtes wil aansoek doen om borg





