Nog ‘n polisiestasie en spesiale nuwe toerusting vir Khayelitsha

Lees ook :

Foto: SAPD

WES-KAAP. – Die Makhaza-polisiestasie is amptelik deur die polisieminister en nasionale kommissaris van polisie oopgemaak. Nuwe polisievoertuie vir dié stasie is toegerus met outomatiese nommerplaatherkenning.

Brig. Athlenda Mathe sê die volle funksionerende polisiestasie sal misdaadvoorkoming, sigbare polisiëring en ondersoekdienste aan ongeveer 85 000 inwoners bied. Buiten die polisiestasies van Harare, Lingelethu-Wes en Khayelitsha Site B gaan die vierde polisiestasie help om misdaad te bekamp en gaan dit vir inwoners meer gemaklik bereikbaar wees om die nodige dienste te ontvang.

Altesaam 15 nuwe polisievoertuie wat met outomatiese nommerplaatherkenning toegerus is, is ook oorhandig. Die ANPR-tegnologie sal onmiddellik kan vasstel of ‘n voertuig gesteel is en of dit geregistreer en gelisensieer is.

“Ons het begin om hierdie nuwe toestelle regoor die land in gebruik te stel om misdadigers op te spoor en beslissend te help met motorkapings en voertuigdiefstalle. Ons het ‘n aantal van die toestelle in elke provinsie en ons hoop om meer te kry om ons misdaadbekampingsinisiatiewe by te staan en te verbeter,” sê genl. Fannie Masemola.

“Ons sal voortgaan met die bou van meer stasies sodat gemeenskappe meer toegang tot dienste kan hê. ‘n Polisiestasie moet naby en ‘n stap weg wees vir slagoffers van misdaad in gemeenskappe. Ons hoop hierdie stasie sal moorde, verkragting en geweldsmisdaad in hierdie area aanspreek. Ons verwelkom ook die ANPR-stelsel wat ons in staat sal stel om gesteelde voertuie terug te kry, asook vir verdagte aktiwiteite,” sê die minister van polisie, Bheki Cele.

‘n Nuwe Tafelsig-polisiestasie word gebou, wat ‘n derde in Mitchellsplein sal wees wanneer dit voltooi is.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief