Sedert verlede Donderdag het twee skietvoorvalle by tavernes in Limpopo plaasgevind, wat die gesamentlike dodetal tot op drie en die beseerdes tot 11 te staan bring.
Nóg ‘n skietvoorval het in die vroeë oggendure omstreeks 02:00 vanoggend by ‘n taverne in die Pharare-woonbuurt in Maake buite Tzaneen, Limpopo plaasgevind.
Kol. Malesela Ledwaba sê in hierdie voorval is een persoon dood en nog vyf beseer.
Volgens inligting wat ontvang is, het twee onbekende mans wat na bewering met ‘n geweer en pistool bewapen was die taverne binnegestorm en lukraak begin skiet op die mense wat buite gesit het.
Hulle het daarna glo te voet gevlug.
Een persoon is op die toneel dood verklaar en vyf ander is na ‘n nabygeleë hospitaal gehaas.
‘n Span ondersoekers wat provinsiale moord-en roof-misdaadintelligensie insluit, werk om ‘n motief vas te stel en die verdagtes betrokke aan te keer.
Lt.genl. Hadebe, die provinsiale kommissaris, sê: ” The team is working around the clock to track down and bring to book those responsible for these shootings. In the meantime, we are appealing to anyone who may be able to assist with information, which could assist in the successful investigation.
Een moordsaak en vyf sake van poging tot moord is geregistreer.
Enigiemand met inligting kan met kapt. Thabo Pokane by 082 319 974e in verbinding tree.
Alternatiewelik kan Stop Misdaad by 08600 10111 of die naaste polisiestasie gekontak word of van die My SAPS-toepasing gebruik gemaak word.
In die ander voorval wat Donderdag 1 Junie 2023 omstreeks 20:00 plaasgevind het, is twee persone dood en ses beseer toe daar op hulle in ‘n taverne in Malumele, Limpopo, geskiet is.
Na bewering het ongeveer agt vermeende verdagtes die taverne binnegegaan en begin skiet.
Die verdagtes het na bewering in twee dubbelkajuit voertuie van die toneel gevlug.
Die motief vir hierdie skietvoorval is onbekend