Nog ‘n sterfte op Henbase Lodge betreur

Lees ook :

Foto: Morgenzon Landbou Akademie

MPUMALANGA. – Jeanine van Eck het Maandag op Henbase Lodge in haar pa se bakkie gesterf. Die oorsaak van haar dood is nie bekend gemaak nie. Haar ouers is Johann en Ansie Claassen, die eienaars van die lodge.

Medelye stroom in oor ‘n lewe wat kortgeknip is, kinders wat agtergelaat is en naasbestaandes wat in rou gedompel is.

Morgenzon Landbou Akademie, waar Van Eck onderwys gegee het, het haar afsterwe op sosiale media bekend gemaak:

“Met diep hartseer neem ons afskeid… Morgenzon Landbou Akademie betuig ons opregte en innige simpatie aan Oom Bramaan, Tannie Ansie, haar liefste twee kindertjies, hul familie en geliefdes met die afsterwe van hul geliefde dogter. Sy was nie net ’n trotse oud-Landtie nie, maar ook ’n toegewyde oud-onderwyser hier by MLA – iemand wat ’n blywende indruk op haar leerders en kollegas gemaak het. Haar liefde vir kinders, haar passie vir opvoeding en haar hart vir mense sal vir altyd in ons skool se geskiedenis ingeweef wees. Ons dink vandag met groot dankbaarheid aan die voetspore wat sy hier agtergelaat het – en ons treur saam met haar familie oor ’n lewe wat te vroeg tot ’n einde gekom het. Mag God julle dra en troos in hierdie ongelooflike seer tyd. MLA dra julle op in ons gebede.”

Henbase Lodge word ook onthou vir die dood van Willem Kruger wat in November 2022 by die lodge verdwyn het. Sy bakkie met sy liggaam binne-in is later uit die Vaalrivier gehaal.

Bronne: Morgenzon Landbou Akademie, Standerton Chronicle, Middelburg Observer en Facebook

Het jy kommentaar oor die berig? Jy kan nou aan Nuusflits lesersbriewe skryf en dalk word joune gepubliseer. Rig jou brief aan die redakteur by [email protected]

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief