JOHANNESBURG. – Nog ‘n verdagte (64) is vanoggend in hegtenis geneem nadat hy hom aan die Valke se ondersoekspan vir kommersiële misdrywe oorhandig het.
Lees ook: Danny Jordaan-saak tot Augustus uitgestel
Die verdagte is in September 2018 as die waarnemende hoof- uitvoerende beampte van die Suid-Afrikaanse Sokkervereniging aangestel. Hy het glo saamgesweer om die kontrak van Grit Communications se datum te verander. Dit word verder beweer dat Grit Communications dienste aan die Safa- president verskaf het sonder Safa se kennis of toestemming.
Die kontrak tyssen Grit Communications en Safa het op 30 September 2018 verval en geen nuwe kontrak is tussen die twee aangegaan tussen Oktober 2018 en Julie 2019 nie.
Die verdagte sal vandag in die Palm Ridge-hof vir gespesialiseerde kommersiële misdrywe voorkom.
Sy medebeskuldigdes, Danny Jordaan, Gronnie Hluyo, Trevor Neethling en Grit Communications, sal 21 November in die Palm Ridge-hof vir gespesialiseerde kommersiële misdrywe verskyn.
Bronne: SAPD





