Nóg ‘n verdagte in ontvoeringsaak vasgetrek

Lees ook :

Foto: Op lêer

NOORDWES. – ‘n Man (50) van Brits, by wie se huis Zahraa Mohammed (17) en Bataviya Mohammed (19) die niggie en neef, na hulle ontvoering aangehou was, is Dinsdag in hegtenis geneem.

Brig. Sabata Mokgabone sê die verdagte sal vandag in die Brits-landdroshof verskyn.

Die ander beskuldigdes, Humphrey Martin (48), Nathaniel Mokwena (41), Sendry Phage (58), Virgilo Hlongwane (33), Nkanyiso Hadebe (25), Boitumelo Bogatsu (44) en Thuloane Makume (47), het Maandag en Dinsdag in die Brits-landdroshof verskyn. Hulle sal tot hulle formele borgverhoor op 16 April in aanhouding bly. Een van die verdagtes is ‘n polisiesersant van die Letlhabile-speurtak.

Die niggie en neef is op 6 Maart ontvoer, waarna hulle op 25 Maart veilig met hulle families herenig is.

Die beskuldigdes word van ontvoering en afpersing aangekla.

Op die betrokke dag was die ontvoerde jongmense in ‘n Mercedes-Benz van Bataviya in Brits onderweg skool toe in Hartbeespoortdam. ‘n Maroenkleurige Audi A3 het hulle glo voor die laerskool van voor gestamp, sodat hulle moes stilhou. Na bewering het twee verdagte mans uit die Audi geklim en die twee slagoffers in ‘n wit Volkswagen Polo GTI, wat agter die Audi was, gedwing. Die verdagtes het ook in die Volkswagen geklim en weggery.

Die slagoffers en verdagtes se voertuie is op die toneel gevind.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief