Nóg ‘n verdagte na ‘n hoëspoedjaagtog doodgeskiet

Lees ook :

Foto's: SAPD

KWAZULU-NATAL. – ‘n Verdagte is gisternag net voor middernag in ‘n skietery, wat deur ‘n hoëspoedjaagtog voorafgegaan is, doodgeskiet.

Kol. Robert Netshiunda sê die jaagtog het op die N2 in ‘n suidelike rigting in die Umhlali-polisiëringsarea gebeur. Polisielede op nagskof in Nyoni het vir die bestuurder gewys om te stop omdat hulle die voertuig wou deursoek. Die bestuurder het die instruksie geïgnoreer en weggejaag. Die verdagte het op die polisie geskiet terwyl hulle verby die Mvoti-tolplaza gejaag het. By Tinley Manor-brug het die verdagtes gestop en al skietende uit die voertuig gespring. Die polisielede het takties dekking ingeneem en teruggeskiet. Een verdagte is noodlottig gewond.

“Twee verdagtes het arrestasie vrygespring deur die bosse in te hardloop.”

Tydens deursoeking is ‘n vuurwapen in die oorledene se besit en dagga met ‘n geskatte straatwaarde van R50 000 in die voertuig gevind.

“Die voertuig wat die verdagtes bestuur het, het vals registrasieplate gehad en nog drie stelle registrasieplate is in die voertuig gevind.”

‘n Soektog is geloods na die twee verdagtes wat gevlug het.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief