LIMPOPO. – ‘n Derde verdagte (27) het homself Donderdagmiddag, vir moontlike betrokkenheid vir beweerde diefstal op die Phala Phala-plaas, aan die polisie op Bela-Bela oorhandig.
Kol. Katlego Mogale sê die verdagte sal vandag saam met nog twee beskuldigdes in die Bela-Bela-landdroshof verksyn.
Inamuwela David (39) en Frolina Joseph (30) sal ook weer vandag voorkom nadat hulle onderskeidelik Sondag en Maandag op Rustenburg en Bela-Bela in hegtenis geneem is en Maandag vir ‘n eerste keer in die hof verskyn het.
Die twee beskuldigdes het op aanklagte van huisbraak, diefstal en geldwassery voorgekom. Die derde verdagte sal vir sy moontlike betrokkenheid tydens die voorval in die landdroshof verskyn.