Nog ‘n vermeende dwelmmuil met ‘bullets’ in maag op lughawe onderskep

Lees ook :

Foto;s: SAPD

GAUTENG. – ‘n Vroulike vermeende dwelmmuil (21) van Suid-Afrika is Sondagoggend net voor 09:00 op ‘n vlug vanaf São Paulo Brasilië op OR Tambo Internasionale Lughawe (Ortia) met kapsules in haar maag onderskep.

Brig. Athlenda Mathe sê die verdagte is op ‘n klag van dwelmhandel gearresteer. ‘n X-straal by ‘n plaaslike hospitaal het vreemde voorwerpe in die verdagte se maag bevestig. Die kapsules is onder polisiebewaking uit haar liggaam gewerp.

Dit is die elfde dwelmmuil wat in twee maande by Ortia gearresteer is.

“Die afgelope maand het die SAPD, SAID-doeane, immigrasie en BMA by Ortia weekliks dwelmsmokkelaars onderskep. Op Sondag 22 September 2024 is ‘n 30-jarige Namibiese dwelmmuil gearresteer nadat sy van São Paulo aangekom het. Sy is ook vir ‘n mediese ondersoek geneem en het meer as 60 bullets vrygelaat. Sy het reeds op aanklag van handel in dwelms in die Kempton Park-landdroshof verskyn. Op Vrydag 13 September 2024 is ‘n Nigeriese dwelmmuil in hegtenis geneem nadat hy in besit van kokaïen wat in vliegtuigoorfone versteek was, gevind is. Hy het ook pas van São Paulo geland. Hy het reeds op aanklag van handel in dwelms in die Kempton Park-landdroshof verskyn,” het brig. Mathe verduidelik.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief