Nóg onwettige myners in Stilfontein gevonnis

Lees ook :

Foto's: SAPD

NOORDWES. – Altesaam 10 burgers van Lesotho, vier Mosambiekers en vyf Zimbabwiërs, wat onwettig in die land was, is deur die Stilfontein-landdroshof vir onwettige mynery en oortreding van die immigrasiewet gevonnis en gedeporteer.

Brig. Sabata Mokgwabone sê die buitelanders, tussen 20 en 43 jaar oud, is vir onwettige mynery tot ses maande tronkstraf of ‘n boete van R12 000 opgelê. Die vonnis is in geheel vir vyf jaar vir dieselfde misdaad opgeskort. Voorts is die beskuldigdes tot drie maande tronkstraf en ‘n boete van R6 000 gevonnis, wat ook in geheel vir vyf jaar vir dieselfde misdaad opgeskort is.

Die verdagtes, wat almal gedurende November by die Margaret-skag gearresteer is toe hulle na bogronds teruggekeer het, is Dinsdag na hulle lande van oorsprong gedeporteer. Die vonnisoplegging volg 20 dae na die eerste groep gevonnis is. Intussen het nog vyf onwettige myners Dinsdag deur die Margaret-skag na bogronds gekeer en is gearresteer.

Dit bring die totaal onwettige myners wat sedert 18 Augustus tot gister in hegtenis geneem is op 1 567 te staan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief