Twee voormalige werknemers wat deur G4S ontslaan is, is vandag in hegtenis geneem.
Brig. Athlenda Mathe, nasionale polisiewoordvoerder, sê die twee is by hul huise in Bloemfontein aangekeer.
Die twee sal Woensdag 3 Mei 2023 in die Bloemfontein-landdroshof verskyn op aanklag dat hulle ‘n gevangene gehelp het om uit wettige aanhouding te ontsnap, asook regsverydeling.
Die ondersoekspan gemoeid met die saak het tot dusver agt verdagates in hegtenis geneem en die moontlikheid bestaan dat nog inhegtenisnemings uit die ondersoek kan voortspruit.
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel





