Nooddienste blus brand op busse

Lees ook :

Foto's: City of Tshwane Emergency Services

GAUTENG. – ‘n Brand het vanoggend in WF Nkomostraat, naby Zeilerstraat, Pretoria-Wes, op twee busse uitgebreek. Brandweerdienste van Sentraal en Philip Nel Park het hulle na die toneel gehaas.

Lindsay Zwelithini Mnguni, woordvoerder vir die Stad Tshwane-nooddienste, sê die brandende busse is omstreeks 05:00 aan die nooddienssentrum gerapporteer. Twee brandweerwaens, ‘n video-eenheid en die distriksbevelvoerder is van die dienste wat reageer het.

Met aankoms op die toneel is twee privaat busse aan die kant van die pad geparkeer gevind. Een was heeltemal aan die brand en die vuur was besig om vinnig na die ander bus te versprei. Die brand is suksesvol onder bedwang gebring. Die tweede bus het nie soveel skade soos die eerste een opgedoen nie – slegs die voorruit en spieëltjies is deur die hitte beskadig.

Mnguni sê die SAPD was op die toneel teenwoordig. Geen beserings is as gevolg van die brand aangemeld nie. Die oorsaak van die brand moet nog vasgestel word.

Het jy kommentaar oor die berig? Jy kan nou aan Nuusflits lesersbriewe skryf en dalk word joune gepubliseer. Rig jou brief aan die redakteur by [email protected]

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief