MADRID, SPANJE. – Die Serwiese tennisspeler, Novak Djokavic, het uit die Madrid meesterstenniskampioenskap onttrek.
Dit sal die tweede agtereenvolgende jaar wees dat hy nie aan die toernooi deelneem nie.
Djokovic het onlangs tot die semi-finaal van die Monte Carlo Ope deurgedring waar hy teen Casper Rudd verloor het. Hy sal na verwagting weer aan die Italiaanse Ope deelneem wat op 8 Mei afskop.
Djokovic het nog geen rede vir sy onttrekking uit die toernooi gegee nie.
Bronne: Express, Tennishead, Last word on sports

