Nuwe bestuur by AfriForum se Christiana-tak verkies

Lees ook :

CHRISTIANA – AfriForum se Christiana-tak het op 26 Februarie ’n nuwe bestuur verkies.

Die nuwe takbestuur bestaan uit Hennie Badenhorst (voorsitter), Hugh Jacobs (ondervoorsitter), Heidi Fourie (tesourier), Bianca van der Westhuizen (sekretaris), Machiel Reinecke (plaaslikeregeringsake) en Coenie Kriek (veiligheidsvoorsitter).

“Ons is trots om deel van AfriForum te wees en besef watter groot verantwoordelikheid op ons skouers rus. Saam gaan ons ’n groot verskil in die dorp maak,” sê Badenhorst. “Die tak gaan op veiligheidskwessies, swak dienslewering, omgewingsprobleme en gemeenskapsgedrewe projekte fokus.”

AfriForum doen ’n beroep op die gemeenskap van Christiana om by dié tak in te skakel. Met jóú hulp kan AfriForum se Christiana-tak ’n daadwerklike verskil maak. SMS “Christiana” na 45351 (R1) om aan te sluit.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Subscribe
Notify of
guest
0 Comments
Oldest
Newest Most Voted
Inline Feedbacks
View all comments

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief