Nuwe huis vir polisiebeampte wat gesin uit brandende huis red

Lees ook :

Foto: Ter illustrasie Canva

VRYSTAAT. -Konst. Macdonald Motete van Betlehem-polisiestasie het vandag (Woensdag) om 10:00 ‘n nuutgeboude huis vir hom en sy gesin in ontvangs geneem. Motete kon op die nag van 11 Augustus 2024 sy vrou en vier kinders uit die brandende huis red, maar die huis is tot as verbrand.

Kapt. Loraine Earle, polisiewoordvoerder, sê die huis is ná maande se gesamentlike beplanning gebou en gemeubileer. Die huis is vanoggend tydens ‘n spesiale seremonie aan die konstabel en sy gesin oorhandig. Die huisprojek is deur die Bloemfontein-polisie se Women’s Network en Men for Change met die ondersteuning van verskeie rolspelers onderneem.

Earle sê die inisiatief beklemtoon die krag van gemeenskapsamewerking en die impak van meelewende leierskap. Die geleentheid vier nie net die nuwe dak oor hulle koppe nie, maar ook die herstel van hoop en waardigheid.

Het jy kommentaar oor die berig? Jy kan nou aan Nuusflits lesersbriewe skryf en dalk word joune gepubliseer. Rig jou brief aan die redakteur by nuus@nuusflits.com

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Subscribe
Notify of
guest
0 Comments
Oldest
Newest Most Voted
Inline Feedbacks
View all comments

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief