VK. – Die Britse akteur en komediant Russell Brand sal in die hof moet verskyn op twee nuwe aanklagtes van seksuele aanranding en verkragting.
Lees ook: Nog ‘n ondersoek begin teen Russell Brand
Die polisie het gesê die Crown Prosecution Service het aanklagtes van seksuele aanranding en verkragting aangaande nog twee vrouens in die saak teen hom toegelaat.
Brand het vroeër onskuldig gepleit op aanklagtes van verkragting, seksuele aanranding en onbehoorlike aanranding wat verband hou klagte wat vier vrouens teen hom aanhangig gemaak het oor gebeure van meer as 20 jaar gelede.
Die verhoor vir die vorige aanklagtes begin in Junie 2026. Brand sal in Januarie in die hof verskyn op die nuwe aanklagtes.
Bronne: BBC, The Sun, Daily Mail





