Nuwe pikkewyn by uShaka Marine World heet Kolisi

Lees ook :

Die pasgebore pikkewyn genaamd Kolisi. Foto: Northglen News

DURBAN, KWAZULU-NATAL. – ’n Nuweling pikkewyn wat skaars twee kilogram weeg, het te midde van Wêreldpikkewyndag-vieringe verlede week sy verskyning by uShaka Marine World gemaak. Die pasgeborene is ook nie toevallig Kolisi gedoop nie.

Northglen News berig dat die pikkewynkuiken ’n simbool van hoop en tradisie is. Volgens Kelly de Klerk, die hoofversorger van pikkewyne by uShaka Marine World, was Siya Kolisi ’n wonderlike voorbeeld van nederigheid toe die Springbokke die Rugbywêreldbeker gewen het.

Dit is waarom hulle op sy naam besluit het. “Dit is ’n sterk naam en wys dat niks onmoontlik is nie.”

Kolisi eet drie keer per dag en pas goed in sy nuwe tuiste aan. Hy het ’n gebuigde linkervlerk. Sy ma, Button, se regtervlerk is ook gebuig nadat sy destyds op Amanzimtoti gestrand was. Kolisi is haar en pa Larnie se eersteling.

Volgens De Kerk word Kolisi stadig aan die res van die inwonende kolonie bekendgestel en het al selfs besoekers gehad.

Bronne: Northglen News, The Citizen, Facebook

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief