Nuwe reeks lêers oor VVV’s in VSA gepubliseer

Lees ook :

Foto: Die Withuis en Ter illustrasie

VSA. – Die VSA se departement van oorlog het die vrystel van ’n tweede groep gedeklassifiseerde en historiese lêers oor unidentified aerial phenomena (UAP’s) of VVV’s (vreemde vlieënde voorwerpe) as deel van ’n nuwe openbare deursigtigheidsinisiatief aangekondig.

Luidens ’n verklaring van die assistent-sekretaris vir openbare sake en Pentagon-woordvoerder, Sean Parnell, is die dokumente beskikbaar op WAR.GOV/UFO en sal verdere vrystellings op ’n deurlopende basis volg.

Die eerste vrystelling het reeds op 8 Mei 2026 plaasgevind en die tweede bondel is op 22 Mei 2026 bygevoeg. Volgens die departement is die belangstelling wêreldwyd is buitengewoon groot, met meer as ’n miljard besoeke aan die webwerf sedert die bekendstelling.

Die inisiatief, bekend as die Presidential Unsealing and Reporting System for UAP Encounters (PURSUE), behels samewerking tussen verskeie Amerikaanse agentskappe om jare se rekords te deursoek, te deklassifiseer en aan die publiek beskikbaar te stel.

Volgens die departement gaan die materiaal hoofsaaklik oor onopgeloste gevalle waar die owerhede nie definitiewe verklarings kon maak nie, dikwels weens onvoldoende data. Verdere vrystellings word binnekort verwag namate die hersieningsproses voortgaan.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief