Nuwe Steelpoort-brug amptelik aan Limpopo oorhandig

Lees ook :

Foto: Office of the Premier: Limpopo Provincial Government

LIMPOPO. – ‘n Nuwe hoofstuk is geskryf vir die gemeenskap van Steelpoort nadat ‘n nuwe brug met twee bane amptelik Vrydag aan dr. Phophi Constance Ramathuba, die Premier van Limpopo, oorhandig is. Die ou Steelpoort-brug, wat in 1926 gebou is, vier binnekort sy honderdste bestaansjaar en pryk steeds langs die nuwe een.

Die brug is amptelik deur Gwede Mantashe, die Minister van Minerale en Petroleumhulpbronne, oorhandig.

Die ou brug dien volgens die Premier as ‘n simbool van verbinding en veerkragtigheid vir die mense van Limpopo. Nou neem ‘n moderne, nuwe brug die fakkel oor, een wat gebou is om aan die provinsie se groeiende infrastruktuurbehoeftes te voorsien.

Die brug word as ‘n betekenisvolle mylpaal in die provinsie se infrastruktuurontwikkelingsprogram beskou. word. Die bou van die nuwe brug is moontlik gemaak deur ‘n strategiese vennootskap tussen die regering en die mynbousektor, met die Paaie-agentskap van Limpopo wat as koördinerende agentskap opgetree het.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief