Temu het vandag aangekondig dit gaan ’n nuwe pakhuis in Suid-Afrika oopmaak om aflewering vir Suid-Afrikaanse kliënte te bespoedig.
Lees ook: Nuwe belastingmaatreël vir Shein en Temu
Die maatskappy het gesê die nuwe pakhuis is deel van ’n groter poging deur Temu om afleweringstye wêreldwyd te verkort en om hulle aanbod uit te brei. Volgens Temu sal daar ook pakhuise in die VSA, Kanada, Australië, Japan, die VK, Duitsland, Frankryk, Italië en Spanje wees.
Die SAID het in Februarie ‘n nuwe belastingmaatreël op produkte afkomstig van Temu en Shein ingestel ná klagtes van plaaslike vervaardigers.
Bronne: BusinessTech, My Broadband, TechCentral
Lees ook: Nuwe belastingmaatreël vir Shein en Temu





