NVG-aanklaers glo nie immoreel

Lees ook :

Foto: Ter illustrasie Canva

VRYSTAAT. – Media-berigte dat regter Loubser op 3 Junie sou gesê het dat die staat immoreel sou opgetree het in die asbestos-saak in Bloemfontein, is vals.

Mthunzi Mhaga, die nasionale woordvoerder vir die NVG, sê in ‘n verklaring sommige media-instellings het berig dat die regter bevind het dat die staat die uitleweringsaansoek in die VSA van Moroadi Cholota wanvoorgestel het.

Die saak spruit uit ‘n kontrak van R255 miljoen waarin Ace Magashule, die voormalige Vrystaatse premier, glo betrokke is. Magashule is van korrupsie, bedrog en geldwassery aangekla. Cholota is Magashule se voormalige persoonlike assistent.

Die regter het egter Woensdagoggend in die hof verklaar dat hy geen sodanige stelling gemaak het nie. “Die nasionale vervolgingsgesag (NVG) het volle vertroue in die vervolgingspan, wat hulself professioneel gedra en in oorstemming met die NVG se waardes van integriteit en professionaliteit opgetree het,” het Mhaga in reaksie daarop gesê.

In ‘n ander verklaring het Mhaga Woensdag gesê die NVG neem kennis van die Bloemfontein-hooggeregshof se uitspraak waarin Cholota se pleit gehandhaaf is dat die hof geen jurisdiksie in haar uitlewering gehad het nie. Die NVG oorweeg dit om teen die uitspraak te appeller. Die verhoor teen die oorblywende beskuldigdes sal voortgaan, soos beplan.

Het jy kommentaar oor die berig? Jy kan nou aan Nuusflits lesersbriewe skryf en dalk word joune gepubliseer. Rig jou brief aan die redakteur by [email protected]

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief